Ek besef … wel deeglik dat min Afrikaanssprekendes tussen 18 en 25 jaar enigsins begryp wat ek skryf, gewoon omdat die woordeskat van Afrikaans, soos wat dit tans nog gestandaardiseer is, so radikaal aan die krimp is. Min jong Afrikaanssprekendes kan ’n sintakties verwikkelde saamgestelde sin vlot lees of begryp. Ek dink dit geld ander tale ook. Dit het te doen met die globale terugval na ’n laer mensagtige staat via die slimfone en ander elektroniese apparaat, en die voorkeur wat Facebook-statusveranderings geniet bo ’n gedig of ’n kortverhaal.
Marlene van Niekerk, Die Burger, 18 Junie, p 10

2 notes

Show

  1. madeinafrika reblogged this from ap1pel
  2. raathman reblogged this from ap1pel
  3. ap1pel posted this

Blog comments powered by Disqus